TEATER BY DIE SEE 2026 - WYN EN 'N BOEK OP DIE STOEP MET SOESJI EN SJAMPANJE
Fri Mar 20, 15:00 - Fri Mar 20, 16:30
Supertubes Bed & Breakfast Guest House Jeffreys Bay
ABOUT

Wat skuil agter die Sheldon-fortuin? Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag. Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs. Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ... Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.
Kom geniet n middag saam met Chanette Paul, n glasie bubbly en soesji op die stoep van die pragtige Supertubes Collection gastehuis in Pepper straat