No under 13s

Dubbelspel - met Arina de Witt en Ignatius van Heerden | Die Centurion Teater

Thu Mar 19, 19:30 - Thu Mar 19, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Dubbelspel

Spesiale Voorskou


Prof. Mara Brandt is die nuut aangestelde rektor van die Sentraal-Wes Universiteit. Sy is in haar suite in 'n boetiekhotel besig om voor te berei vir 'n gesprek met skenkers van die universiteit, wanneer Blaise Breytenbach onverwags opdaag. Blaise is die hoof van sy eie reklame-agentskap en was Mara se minnaar toe hy haar student was.


Sedertdien het hulle 'n stormagtige verhouding gehad, waartydens sy hom dikwels uit die moeilikheid gehelp het.


Hierdie keer is hy egter in diep finansiële moeilikheid. Beskuldigings vlieg heen en weer en kort voor lank is afpersing op die tafel, maar Mara is nie 'n katjie wat sonder handskoene hanteer kan word nie...


Teks: Braam van der Vyver

Met: Arina de Witt en Ignatius van Heerden

Regie: Johan van der Merwe en Marie-Heleen Coetzee

Tydsduur: 80 minute

Ouderdomsbeperking: Geen o.13

Produksiehuis: Leftfoot Theatre Productions

DIRECTIONS

Dubbelspel - met Arina de Witt en Ignatius van Heerden | Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions