Blitskursus: Opvolgbeplanning

Wed Mar 18, 08:00 - Wed Mar 18, 12:30

Sonja Smith Elite Funeral Group, Centurion Branch

ABOUT

Waarom wil ons oor opvolgbeplanning gesels?

Ons sien dit as die geleentheid om die tafel tussen die huidige leier en die moontlike, of reeds geïdentifiseerde, opvolger, oop te maak om te gesels oor hul wense en hoe hulle die toekoms sien. Kommunikasie is een van die grootste suksesfaktore vir 'n suksesvolle opvolging.


Wat is die doel van opvolgbeplanning?

Die uiteindelike doel van opvolgbeplanning is om die waarde van die besigheid te verstaan, om daardie waarde en sy toekomstige groeipotensiaal te bewaar, en om dit ongeskonde oor te dra na die volgende generasie.

Opvolgbeplanning gaan oor wat sal voort bestaan van jou pogings, jou stempel, jou beginsels en jou harde werk nadat jy nie meer daar is om dit te vorm nie.


Vir wie is dit?

- Huidige leiers wat moet oorgee.

- Opvolgers wat in die volgende 20 jaar moet oorneem.

- Familielede betrokke by ’n familie besigheid.


Hoe vroeër jy bewus is van wat alles ’n rol speel in opvolging, hoe makliker kan jy die moontlike probleme raaksien en hanteer. Dit vorm en rig jou denke op die toekoms en op nalatenskap.


“Wat jy vandag in plek stel, kan 'n positiewe invloed op die toekoms hê.”


Aanbieders:

Cornelis Legemaat

Willeke Breeweg


Kaartjie opsies:

In Persoon - Blitskursus: Opvolgbeplanning - Met hierdie kaartjie verwelkom ons jou graag in persoon by die Blitskursus.

Aanlyn - Blitskursus: Opvolgbeplanning - Met hierdie kaartjie verwelkom ons jou graag aanlyn by die Blitskursus.

DIRECTIONS

Blitskursus: Opvolgbeplanning
Sonja Smith Elite Funeral Group, Centurion Branch
192 Edinburgh Ave E, Clubview, Centurion, 0157, South Africa
Get Directions