Reünie - Frank Opperman
Fri May 15, 18:30 - Fri May 15, 22:00
Blancogemeente
ABOUT
Dana Snyman en Frank Opperman bied aan - Reünie
Stel jou ‘n skoolreünie voor waar elkeen ‘n spreekbeurt voor die mikrofoon kry en in ‘n hanswors verander!
Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 44 jaar later vir die 1980-matriekgroep. Ja, dit is tyd vir hul 40 jaar-reünie, maar weens die Covid-pandemie kan hulle dit eers
4 jaar later hou.
Die reünie word beleef deur die oë van Petrus Boshoff, wat as verteller optree. Deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ‘n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Party humoristies, ander meer ernstig en besinnend. 44 jaar gelede het almal saam ‘n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer gesamentlik konfronteer.
Hoe leef hulle voortaan die skoolleuse “Voortwaarts” uit?
Met ‘n koelboks, die hulp van ‘n skoolbaadjie, ‘n paar trefwoorde en ‘n ander stemtoon gee Frank gestalte aan 15 verskillende karakters op die verhoog.
Kom sit agteroor en ontspan – jy is in goeie hande – Frank Opperman hande!