No under 19s

Mel die Storieverteller

Fri May 22, 18:00 - Fri May 22, 23:00

10 Strydom St

ABOUT

Kom kuier saam met Mel die Storieverteller

Ons gaan lekker lag en nog lekkerder kuier


Ingesluit - Sop, sjerrie en paar ander lekkernye om aan te knubbel


Kuierkroeg en koffiekroeg - kontant of kaart


Mel die Storieverteller – Internet Sensasie


In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue).


In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.


Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.


Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!


Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)

Styl: Komiese Storievertelstyl

Ouderdomsbeperking: Geen onder 19’s

Teks: Mel die Storieverteller

Musiek: Peach van Pletzen

Dekor: Imile Wepener








DIRECTIONS

Mel die Storieverteller
10 Strydom St
10 Strydom St, Heidelberg, Heidelberg - GP, 1441, South Africa
Get Directions