Family friendly

André Schwartz - Any Dream Will Do: My Pad met Webber | Die Centurion Teater

Fri Feb 27, 19:30 - Fri Mar 27, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

André Schwartz

Any Dream Will Do - My Pad met Webber


In hierdie produksie ondersoek Schwartz sy verhouding met alles wat Andrew Lloyd Webber is — ’n verhouding wat begin het toe hy op 12-jarige ouderdom vir die eerste keer met Andrew se werk kennis gemaak het, toe hy Joseph and his Amazing Technicolor Dreamcoat gesien het.


Deur ikoniese liedjies soos Any Dream Will Do, You Must Love Me, Music of the Night, Memory en Pie Jesu verweef hy hierdie musiek met sy eie lewensverhaal. Die vertoning neem gehore op ’n eerlike, emosionele reis vol humor, hoop en moeilike waarhede — sonder opsmuk of groot vertoon.


Die liedjies word eenvoudig en oop aangebied, presies soos die storie wat vertel word. Soms is dit lig en snaaks, soms rou en seer, maar altyd opreg. Dit is nie ’n nostalgiese musiekkonsert nie, maar ’n persoonlike teaterervaring wat mense nader trek en lank ná die laaste noot bly saampraat.


“Vleg jou jas en skep ’n tapisserie van kleure… Jy bepaal jou eie waarheid, maar onthou altyd die pad huis toe.”

DIRECTIONS

André Schwartz - Any Dream Will Do: My Pad met Webber | Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions