Family friendly

Jannie du Toit - Kunstefees in die Kleine | Die Centurion Teater

Fri Apr 17, 19:30 - Sun Apr 19, 16:15

Die Centurion Teater

ABOUT

Jannie du Toit se Kunstefees in die Kleine

5 Vertonings | 1 Naweek | 'n Viering van 55 Jaar op die Verhoog


Bespreek vir meer as 1 vertoning en kry tot 50% afslag!


Vir besprekings vir meer as 1 vertoning, en AFSLAG - Stuur 'n Whatsapp na Die Centurion Teater

Whatsapp: 063 376 4982


Die Kunstefees in die Kleine keer van Vrydag 17 tot Sondag 19 April 2026 terug na die Centurionteater met ’n besondere musikale viering: vyf unieke verhoogproduksies deur Jannie du Toit ter viering van sy 55 jaar op die professionele verhoog. Die vyf aanbiedings is nog nie voorheen op televisie uitgesaai nie en word spesiaal oor hierdie naweek opgeneem met die oog op uitsending. Ná ’n uiters suksesvolle Benelux-toer gedurende 2025 is hierdie fees ’n seldsame geleentheid om een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde liedkunstenaars in uiteenlopende gedaantes te beleef.


Die program open met Margaretastraat, ’n nostalgiese en vermaaklike herlewing van die legendariese liedjie-aande van die vroeë 1980’s wat ’n bepalende rol in die ontwikkeling van ligte Afrikaanse musiek gespeel het. Saterdag volg drie kontrasterende aanbiedings: Ramkietjie, gebaseer op Jannie se jongste album met liedjies uit die FAK Sangbundels; De Wals van de Liefde, ’n bekroonde en betowerende huldeblyk aan Nederlandse en Vlaamse liedkuns; en Luister na die Liedjies - hoogtepunte uit Jannie se loopbaan met ’n ryk ensemble en spesiale gaskunstenaars.


Die fees sluit Sondagmiddag af met Oppiekitaar, ’n intieme solo-aanbieding waarin Jannie se liedkuns, kitaarspel en digterlike tekste sentraal staan. Dwarsdeur sy Beneluxtoer van 2025 is hierdie program met groot entoesiasme begroet.




Volledige Program-, Prys- en Besprekingsinligting


Oor drie dae word vyf unieke produksies aangebied wat nog nie voorheen op televisie uitgesaai is nie en wat tydens die fees opgeneem word met die oog op uitsending.


Programdatums en -tye:

  • Vrydag, 17 April 2026 om 19:30: Margaretastraat
  • Saterdag, 18 April 2026 om 11:00: Ramkietjie
  • Saterdag 18 April 2026 om 15:00: De Wals van de Liefde
  • Saterdag, 18 April 2026 om 19:30: Luister na die Liedjies
  • Sondag, 19 April 2026 om 15:00: Oppiekitaar


Die fees open met Margaretastraat, ’n nostalgiese en besonder vermaaklike herlewing van die ikoniese liedjie-aande in Jannie se huis tydens die vroeë 1980’s. Die Saterdagprogram bied drie uiteenlopende musiekteaterervarings, terwyl die fees afsluit met Oppiekitaar, ’n intieme solo-vertoning waarin Jannie se liedkuns, kitaarspel en digterlike tekste sentraal staan.


Kaartjiepryse:

  • 1 vertoning: R210 per kaartjie
  • 2 vertonings: R190 per kaartjie per vertoning
  • 3 vertonings: R170 per kaartjie per vertoning
  • 4 vertonings: R150 per kaartjie per vertoning
  • Al 5 vertonings: R110 per kaartjie per vertoning, oftewel R550 per persoon vir die hele fees


Vir besprekings vir meer as 1 vertoning, en AFSLAG - Stuur 'n Whatsapp na Die Centurion Teater

Whatsapp: 063 376 4982


Die Kunstefees in die Kleine beloof ’n ryk, uiteenlopende musiekteaterervaring vir fynproewers en liefhebbers van Afrikaanse en Nederlandstalige musiek.



DIRECTIONS

Jannie du Toit - Kunstefees in die Kleine | Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions