FREE OPTIONS

InFusion - 2026

Thu Mar 5, 18:30 - Thu Mar 5, 20:30

Communitas

ABOUT

Ons begeerte is dat jy jou plek en tuiste hier by Oosterlig sal vind.

By ons is niemand net ’n nommer in ’n groot groep mense nie, elkeen behoort.

Die InFusion Nuwe Lidmatekursus is daarop gemik om jou geestelik te versterk, jou nader aan Jesus te bring, én om betekenisvolle verhoudings met ander te bou.


Die kursus word slegs een keer per jaar aangebied, en is ’n opeenvolgende kursus, waar elke week op die vorige een voortbou. Ons moedig julle aan om alle sessies by te woon sodat niemand iets van die reis mis nie.


Kursusdatums

Donderdae (16 weke):

5 Maart • 12 Maart • 19 Maart • 26 Maart

9 April • 16 April • 23 April

11 Junie • 18 Junie • 25 Junie

16 Julie • 23 Julie • 30 Julie

6 Augustus • 13 Augustus • 20 Augustus


Ons voorsien ook 'n heerlike bord kos op hierdie aande, sodat julle saam kan kuier en ontspan, voordat die kursus begin.

Ons verskaf al die Kursusmateriaal, maar bring gerus net ’n pen of potlood saam indien jy ekstra notas wil maak.


Program

  • 18:30 – Ons eet almal saam
  • 18:45 – ’n Kort bespreking oor een van ons Bedieninge
  • 19:00 – Kursus begin


Oppasdiens

Kinderoppasdiens is beskikbaar. Bespreek dit asseblief vooraf onder jou kaartjie-bespreking. Weens allergieë en persoonlike voorkeure is kos en verversings ouers se verantwoordelikheid. Kinders se eie speel- en slaapgoed mag gerus saamgestuur word.


Beskikbaar as deel van die oppasdiens:

  • Water
  • Fliek
  • Inkleurgoed
  • Noodhulptassie


Besprekings vir InFusion sluit op 28 Februarie 2026.

DIRECTIONS

InFusion - 2026
Communitas
469 Lea St, Waterkloof Glen, Pretoria, 0010
Get Directions