Routrip (Scaena Teater Bloemfontein)
Thu Feb 19, 19:00 - Thu Feb 19, 20:45
Scaena Theatre
ABOUT
MET Elzabé Zietsman TEKS Johann Slabbert REGIE Maralin Vanrenen KLANKBAAN Coenie de Villiers VERVAARDIGER Drama Drama
Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos. Routrip is gebaseer op ’n ware verhaal.
Elzabé Zietsman is bekroon met die 2025 Aardklop-toekenning vir Beste Aktrise vir Routrip, en is ook benoem vir die 2025 Naledi-toekenning vir Beste Aktrise, asook vir ’n Woordtrofee vir Beste Prestasie in ’n soloproduksie by die 2023 Toyota US Woordfees.
Tydsduur: 90 minute
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen O/13 / Taal
RESENSIES:
Zietsman wys hart en siel in Routrip – Netwerk24
Edgy and funny, Routrip celebrates life with the end in sight. - INK
Routrip is ‘n emosionele, teatrale en musikale kragtoer. Daar is ‘n magdom karakters wat lewe kry tussen torings kartonbokse. Die teks is ragfyn verweeg met beide trane en buiklag. Voeg daarby Coenie De Villiers se klankbaan en jy het ‘n reis wat jou dae lank bybly. – Kobus Burger
A long work with difficult family nuances, as a road trip to end all road trips must be, this is a tonic of a work with a devastatingly simple set that will have you transfixed completely on the presences and absences Zietsman creates, from the ants in the anthill to the wisdom of a brother. Don’t miss this beautiful work, whatever you do - Robyn Sassen
Routrip speel voor jou af soos ‘n klassieke toneelstuk met ‘n enorme rolverdeling en landskappe regoor die land. ‘n Rare ondervinding in teater is dit beslis. – Litnet
Daar is nie ‘n oomblik op hierdie warboelreis wat mens nie aan Elzabe Zietsman se lippe hang nie. Sy beweeg moeiteloos tussen dorp en karakter en balanseer komedie met tragedie amper onbewustelik. – Litnet