No under 18s

TOTTIE EN NIE VERDER NIE- Tollie Parton. 15 May, 19:30 at Centrestage@Baywest

Fri May 15, 19:30 - Fri May 15, 22:00

Centrestage @ Baywest

ABOUT

Tollie Parton was nog altyd die te eerlike vriendin wat dikwels mense kwaad maak en sy vertel al vir jare hoe sy vir niks en niemand bang is nie, maar is dit regtig die waarheid? Is sy nes die dapper muis van ouds bereid om te sê dat sy ook vir niks skrik nie? Jok sy nes daai vuil muis? Wel, tottie en nie verder nie! In Tollie se nuutste aflewering kan sy ongelukkig nie help om die waarheid te laat glip nie. Selfs ’n vreeslose fopdosser is soms weerloos teen natuur. Die liefde het haar kom sag maak. Die probleem is egter, hoe lank gaan dit hou? En wie is die man wat haar hart so kom steel het? Baie mense dink dis Steve. Watter Steve? En kan dit wees? Is dit te goed om waar te wees? Dat ten spyte van wat daar oor haar gesê word, sy werklik eintlik net hier is om die goeie nuus te bring? Daar is niks wat die liefde en ’n skaaptjop nie kan fix nie.

GEEN SENSITIEWE KYKERS EN GEEN ONDER 18's

Teks: Wynand Kotze en Anne Hirsch

Vrydag, 15 Mei 2026, Centrestage@Baywest


R80-ete-opsies is beskikbaar via voorafbestelling. Kies tussen die volgende:

’n Individuele platter,

Hoender met songedroogde tamatie en basiliekruid in ’n mozzarella-sous op Italiaanse pasta,

Beef stroganoff met room, sampioene en sjerrie op fyngedrukte plaasbotter-aartappels,

of ’n Vegetariese botterskorsie- en kekerertjie-kerrie op borrie-klapperrys.

Bestellings moet voor 15:00 op die dag voor die geleentheid geplaas word.


Blokbesprekings, kosbestellings en navrae: Kontak Wendy by 083 2255 40


DIRECTIONS

TOTTIE EN NIE VERDER NIE- Tollie Parton. 15 May, 19:30 at Centrestage@Baywest
Centrestage @ Baywest
100 Baywest Blvd, Hunters Retreat, Gqeberha, 6017
Get Directions