Agora ete saam met Roedolf
Sun Mar 8, 12:00 - Sun Mar 8, 14:00
Caritas 1
ABOUT
Almal van ons het soms geestelike geloofsvrae waarmee ons worstel.
Omdat die lewe so besig is, is dit egter soms moeilik om tyd te kry om jou vrae aan te spreek.
Dit is hoekom Roedolf besluit het om Agora-etes te begin. Jy kan vrae kom stel aan Roedolf.
Dit kan énige vraag wees in verband met jou en/of jou gesin se groei: teologiese issues, persoonlik, ouerskap, Bybelstudie, apologeties, ensovoorts - solank dit in die groep bespreek kan word.
By die geleentheid bring almal hulle middagete en breekware saam.
Oosterlig sal die koffie en lokaal verskaf.
Kom kuier saam met Roedolf terwyl hy deur julle vrae werk.
Waar: Caritas 1
Tyd: 12:00 - 14:00
Bring saam:
- Jou vraag vir Roedolf. Weereens dit kan énige vraag wees in verband met jou en/of jou gesin se groei.
- Bring jou piekniekmandjie met eetgerei, breekware en kos.