Nuwelingbraai: 11 Februarie 2026
Wed Feb 11, 18:30 - Wed Feb 11, 21:00
Gras voor Caritas
ABOUT
Baie welkom by Oosterlig!
Kom hou 'n gesellige bring-en-braai saam met ons op die grasperk, voor Caritas, waar julle 'n geleentheid het om al die Leraars te ontmoet, asook al die ander nuwe lede in ons Gemeente.
Bring asseblief julle eie vleis, drinkgoed, kampstoele (en ’n kombers vir die kinders) saam. Ons sal al die bykosse voorsien.
Die vure word so by 18:00 aangesteek, sodat almal ongeveer 19:00 kan braai.
Indien dit reën sal die braai steeds voort gaan.
RSVP asseblief voor of op 4 Februarie 2026.
Vir enige addisionele vrae of kansellasies, kontak Belinda by [email protected]