Family friendly

Valentynsdag met Laurinda Hofmeyr

Sat Feb 14, 19:00 - Sat Feb 14, 20:00

Nine Oaks Farm Paarl

ABOUT

Kom kuier saam met ons in die buitelug met Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert. Jou kaartjie sluit in 'n heerlike piekniekmandjie vir 2, 'n bottel vonkelwyn en 'n vertoning met stories en musiek van die welbekende sangeres en liedjieskrywer.


Die konsert vind plaas op ons mooi grasperk (buitelug). Indien jy lekker gemaklik wil sit bring asb 'n kampstoel /komberse/ kussings saam.


Piekniekmandjie inhoud: Ham rolletjies, frikadelle, hoender kebabs, 2 kase, gebotterde baguette broodjies, aartappelslaai, tamatie sambal, vrugtestokkies, brownies & fudge en 'n bottel vonkelwyn. Kies asb jou voorkeur vonkelwyn met registrasie. Vegetariese opsies ook beskikbaar (Dui asb aan met registrasie). Geen verversings mag in gebring word nie - kroeg beskikbaar.

Kinderkaartjies (12 jaar en jonger)sowel as enkelkaartjies ook beskikbaar.


Ons perseel is troeteldier (hondjie) vriendelik - hou asb aan 'n leiband.

Geen video en klank opnames mag van die vertoning gemaak word nie.

Vir verdere inligting / versoeke skakel asb vir Anrika by 072 1122115


DIRECTIONS

Valentynsdag met Laurinda Hofmeyr
Nine Oaks Farm Paarl
Noord Agter - Paarl Rd, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646
Get Directions