Tuin van Digters 2026

Fri Sep 11, 16:00 - Sat Sep 12, 23:00

Breytenbach Sentrum

ABOUT

Die jaarlikse Tuin van Digters-fees vind op 11 en 12 September 2026 vir die 15de agtereenvolgende jaar in die pragtige digterstuin en geboue van die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas. Die doel van die fees is om Afrikaanse digkuns op allerlei wyses en vorme bekend te stel, te vier en in stand te hou.


Die digter, skrywer en akademikus Joan Hambidge word vanjaar gehuldig. Die fees se tema is “Menswaardig”, en die program word saamgestel deur die bekroonde digter Bibi Slippers. Die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ’n debuutbundel sal ook weer by die fees plaasvind.


Besoekers kan uitsien na ’n opwindende en unieke program. Dit sluit in gesprekke met Hertzogpryswenners Johan Myburg en Tom Dreyer oor hul jongste bundels, die Mengelmoesdigters se groepsvoorstelling van gedigte, die bekendstelling van verskeie digters se nuwe werk, musiek en getoonsette gedigte, kunsuitstallings, voorlesings van nuwe gedigte uit die gemeenskap en vele meer.


Die volledige program sal in Julie bekendgestel word.

DIRECTIONS

Tuin van Digters 2026
Breytenbach Sentrum
14 Burger St, Wellington, 7654, South Africa
Get Directions