Granaatsap
Fri Feb 13, 19:30 - Fri Feb 13, 20:30
Kaapstad Toneelhuis
ABOUT
Granaatsap
Ná haar heilige droom word Ouma ’n selfaangestelde profeet. En haar huis word haar tabernakel. Daar waar die Onse Vader talm en oorlede Albertus lê, groei die heilige granaatboom – bewyse van Ouma se offerande. Met haar lojale dominee, die twee verbode granate en ’n tingerige kleinkind, hoop Ouma om haar visioene van die nuwe messias te verwesenlik.
Maar sy het ’n probleem. Die Dag van die Rooi Son het aangebreek en Ouma se kleindogter is nog nie vrugbaar nie ... Die wasgoed verberg ook die kraai. ’n Judas wat
twyfel in die kinders – haar maagde – saai. Waar sal haar hulp dan nou vandaan kom?
Geskryf deur: Lisa Kukard
Regisseur: Lisa Kukard
Met: Zara West, Kristen Fichardt, Enzo Cocciante, Ancois Bodenstein en Jean Retief
Oorspronklik geskep vir Première Teaterfees.