Vrymakende Waarhede 2025 Kursus

Tue Feb 3, 19:00 - Tue Feb 3, 21:00

Lewende Woord Centurion

ABOUT

Die kursus wil die gelowige in die vrymakende waarhede van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, vestig. Die dinamiek van vrymakende Heilige Gees-geïnspireerde Woord-waarhede is ’n noodsaaklikheid vir elke Christen wat ’n lewe van volheid en oorvloed wil lei.

Die kursus is ’n voorvereiste vir enigiemand wat mense geestelik in ons gemeente wil bedien. Dit is ook die beste plek vir nuwelinge om mense te ontmoet, nuwe vriende te maak en ’n lewensreis met medegelowiges te begin. Ons beveel die kursus aan as die grondslagkursus waarmee jou reis by ons moet begin.

Temas sluit in: Die Vaderhart van God, Skeppingsdoel, Verwerping, Die Triomf van Golgota, Geregtigheidstand, Vergifnis, Geloof, Genesing, Vrees, Gewoontesondes en Perversie, Vloeke en Okkulte, Selfpoging en Frustrasie, Beklee jou Man/Vrou, Grense, Hebsug en Eersug, Wandel in Vryheid.

DIRECTIONS

Vrymakende Waarhede 2025 Kursus
Lewende Woord Centurion
Cnr Adam Tas and Lyttleton road, Clubview, Centurion, 0014, South Africa
Get Directions