No under 18s

SA Jagters Kalahari-Jag 2026 | SA Hunters Kalahari Hunt 2026

Thu Jan 29, 00:00 - Mon Jun 1, 00:00

Soetwater Boerdery

ABOUT

SA Jagters Kalahari-jag Kompetisie 2026

Wen 'n prys ter waarde van R160 000 vir jou en 3 jagvriende!

Koop nou jou kaartjie vir slegs R100!


Die jagpakket vir 4 jagters sluit die volgende in -

  • 4 Gemsbokke en 16 Springbokke
  • Verblyf en Etes
  • Brandstoftoelaag
  • Plus ander Geskenke


Die jag sal plaasvind in die Van Zylsrus-distrik in die Noord-Kaap vanaf 21-26 Junie 2026.


Sluitingsdatum: 31 Mei 2026

Trekkingsdatum: 3 Junie 2026

Bepalings en voorwaardes beskikbaar heelonder op die blad.


Vir die wat verkies om eerder 'n direkte inbetaling te maak, vind asb ons bankbesonderhede hieronder -

Rekeningnaam: SA Jagters

ABSA Tjek: 01443990077

Takkode: 632 005

Verwysing: Selnommer + Kal

SA Hunters Kalahari Hunt Competition 2026

Win a prize valued at R160 000 for you and 3 hunting friends!

Buy your ticket now for only R100!


The hunting package for 4 hunters includes the following -

  • 4 Gemsbuck and 16 Springbuck
  • Accommodation and Meals
  • Fuel Allowance
  • Plus other Gifts


The hunt will take place in the Van Zylsrus - district in the Northern Cape from 21-26 June 2026.


Closing date: 31 May 2026

Draw date: 3 June 2026

Terms and conditions below on the bottom of this page.


For those who choose to do a direct transfer, please find our banking details below -

Account Name: SA Jagters

ABSA Cheque: 01443990077

Branch code: 632 005

Verwysing: Cell number + Kal



Kalahari-jagkompetisie 2026 – Bepalings en Voorwaardes

Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging sal die koste dek vir ’n Kalahari-jag in die Van Zylsrus-distrik in Junie 2026 onder die volgende voorwaardes:

  • Die jaggeleentheid is vir vier jagters en sal toegeken word aan die individu wat die wenkaartjie gekoop het. Die wenner mag drie gaste van sy/haar keuse nooi.
  • Hierdie kompetisie is slegs beskikbaar vir Suid-Afrikaanse burgers.
  • Die jag sal plaasvind vanaf 21 tot 26 Junie 2026.
  • Die diere wat aangebied word, sluit in 4 gemsbokke en 16 springbokke.
  • Die pakket sluit in:
  • Wild, verblyf, die gebruik van ’n jagvoertuig, en afslag van wild ter waarde van ongeveer R126 000
  • Kos en nie-alkoholiese drankies ter waarde van ongeveer R12 000
  • R10 000 vir brandstof en reiskostes
  • Promosiedrag en verwante items ter waarde van R10 000
  • Die jaggeleentheid is beskikbaar vir lede van SA Jagters sowel as die publiek deur middel van ’n lotery soos goedgekeur deur die Loterykommissie van RSA.
  • Die wenkaartjie sal getrek word uit alle kaartjies wat teen 31 Mei 2026 verkoop is.
  • ’n Maksimum van 12 000 kaartjies sal beskikbaar wees vir verkoop.
  • Die koste per kaartjie is R100 elk.
  • Die koste van die jag, soos hierbo beskryf, sowel as alle bemarkings- en administratiewe uitgawes, sal gedek word deur die inkomste uit kaartjieverkope.
  • Die Bestuurder Jagsake van SA Jagters sal die wenner en sy/haar gaste op die jag vergesel.
  • SA Jagters sal die bemarking van die kompetisie ondersteun deur kaartjies aan sy lede te bemark.
  • Deur aan die kompetisie deel te neem, gee die wenner en hul metgeselle toestemming dat hul name en foto’s in die SA Jagter/Hunter-tydskrif, in SAJWV-kommunikasiemedia en die webwerf gepubliseer mag word. Hierdie toestemming geld ook vir videomateriaal en enige inligting oor die jag wat die organiseerders na goeddunke sou wou gebruik.
  • Die wenner en hul metgeselle moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud oor hul jagervaring vir publikasie en verspreiding soos deur SA Jagters bepaal.
  • Enige gewonde/verlore diere sal as gejag beskou word en deel van die pakket gereken word (volgens die oordeel van die grondeienaar/beroepsjagter/gids).




Kalahari Hunt Competition 2026 - Terms and Conditions

The SA Hunters and Game Conservation Association will pay the cost of a Kalahari hunt opportunity in the Van Zylsrus district in June 2026 with the following conditions:

  • The hunting opportunity is for four hunters and will be awarded to the individual who purchased the winning ticket. The winner may invite three guests of their choice.
  • This competition is only available to South African citizens.
  • The hunt will take place from 21 to 26 June 2026.
  • The animals on offer include 4 Gemsbuck and 16 Springbuck.
  • The package includes:
  • Game, accommodation, use of hunting vehicle and slaughtering facilities valued at R126 000
  • Food and soft drinks valued at approximately R12 000
  • R10 000 for fuel and travel expenses
  • Promotional clothing and related items valued at R10 000
  • The hunting opportunity is available to members of SA Hunters and the public using a lottery as approved by the Lottery Commission of RSA.
  • The winning ticket will be drawn from all tickets sold by 31 May 2026.
  • At most 12 000 tickets will be offered for sale.
  • The price per ticket is R100 each.
  • The cost of the hunt, as described above, along with all marketing and administrative expenses, will be covered by the revenue generated from ticket sales.
  • The Manager of Hunting Affairs of SA Hunters will accompany the winner and his/her guests on the hunt.
  • SA Hunters will support the competition by marketing the tickets to its members.
  • By entering the competition, the winner and their companions grant full consent for their names and photographs to be published by SA Jagter/Hunter magazine and featured in SAHGCA communications, including its website. This consent extends to video material and any information about the hunt that the organisers choose to use at their discretion.
  • The winner and their companions must be available for an interview regarding their hunting experience for publication and distribution, as deemed appropriate by SA Hunters.
  • Any wounded/lost animals will be counted as part of the package and regarded as hunted (according to the discretion of the landowner/professional hunter/guide).


DIRECTIONS

SA Jagters Kalahari-Jag 2026 | SA Hunters Kalahari Hunt 2026
Soetwater Boerdery
5G43G8FW+56
Get Directions