4 Panados en ’n Chardonnay
Sat Feb 14, 17:00 - Sat Feb 14, 22:15
Die Pienk Kerk
ABOUT
4 Panados en ’n Chardonnay
R500 inclusive of a 3-Course 'Die Pienk Kerk' Artistry Dinner
Own Wine Permitted - No Corkage Fee
MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel
TEKS EN REGIE Johann Slabbert
MUSIEKREGIE Tony Bentel
VERVAARDIGER Drama Drama
Intelligent, snaaks, bemoedigend – dié kabaret is kuns as kuur – Netwerk24
In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.
Toekennings en Benoemings
2024
- Wenner Kanna-toekenning: Beste Aanbieding: Musiek by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).
- Nominasie Woordfees: Beste Prestasie: Kontemporêre Musiek – Solo/Duo.
- Nominasies Aardklop: Beste Musiekuitvoering en Beste Musiekgedrewe Produksie.
2025
- Nominasie kykNET Fiëstas: Beste Nuwe Teks vir skrywer Johan Slabbert.
- Wenner Naledi Teatertoekennings: Beste Kabaret, Revue of Kleinskaalse Musiekblyspel-produksie by die 20ste Naledi Teatertoekennings.
- Nominasie Naledi Teatertoekennings: Beste Nuwe Suid-Afrikaanse Teks/Verwerking vir skrywer Johan Slabbert.
"In net meer as 'n uur bied Zietsman en Tony Bentel voor die klavier 'n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met 'n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan. Zietsman en teksskrywer Johann Slabbert werk en verken 'n groot emosionele terrein in Vier Panado's en 'n Chardonnay - hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend." - Laetitia Pople, Netwerk24