Harte-Bliksems
Sat Feb 14, 18:30 - Sat Feb 14, 19:30
Soutveld
ABOUT
Harte-Bliksems is ’n lawwe rom-com wat die avonture van Annamart en Andries volg op die Afrikaanse dating-app Biltong-en-Bokkies. Andries, ’n dromerige romantikus, en Annamart, wat nog nooit haar eerste soen gehad het nie, beleef ’n reeks interessante – en soms heerlik ongemaklike – dates. Met humor en deernis neem Harte-Bliksems jou hierdie Valentynsdag op ’n skreeusnaakse reis deur die wêreld van internetdating, waar romanse dalk wag… of dalk nie.
In 2025 is Harte-Bliksems genomineer as Beste Produksie by die Vrystaat Kunstefees, met albei akteurs wat benoem is vir Beste Toneelspel. Norman Doubell is verder bekroon met die 2025 Vryskitter-toekenning vir Beste Toneelspel – ’n bewys van die produksie se uitstaande gehalte en spel.
Kom geniet hierdie vertoning van Harte-Bliksems by Soutveld, gevolg deur ’n bring-en-braai en ’n lekker sokkie – alles ingesluit by jou kaartjieprys.