Family friendly

Pennies op die Spoor

Sun Feb 1, 13:00 - Sun Feb 1, 17:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Pennies op die Spoor is ’n viering van die musiek-erfenis van een van Afrikaans se grootste liedjieskrywers, Stef Kruger – ’n ikoon wat in 2024 deur SACMAF vereer is vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaans. Hierdie spesiale produksie bring ’n uitsonderlike groep musikante bymekaar: Blackie Swart, Jannie Moolman, Riku en Jackie Lätti, Schalk Maas, Petronel Baard, en die meester self, Stef Kruger.


Die vertoning vang die gees van jarelange vriendskappe, kreatiewe samewerkings en landwye toere vas – van Die Wasgoedlyn tot Triptruuk, van intieme teaters tot groot verhoog-oomblikke. Elke kunstenaar dra ’n besondere deel van Kruger se nalatenskap, en saam skep hulle ’n ware ode aan Afrikaans en aan een van sy grootste woord- en musiekmeesters.

Gehore kan uitsien na ’n vertoning vol hart, humor en ongeëwenaarde musiek – oorspronklik, eg, en diep verweef met die landskap wat Kruger se liedere al jare lank inkleur.


“A penny for your thoughts? Nee, sommer net Pennies op die Spoor.”


Venue: The Daisy Jones Bar, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

Date: Sondag 1 Februarie 2026

Deure: 13:00

Show: 15:00

Kaartjies: Via Quicket


Aand van groot talent. Groot stories. Groot musiek.

DIRECTIONS

Pennies op die Spoor
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions