No under 16s

Aletta Francina - Jussie Sussie! | Die Centurion Teater

Fri Mar 6, 19:30 - Sat Mar 7, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Aletta Francina - Jussie Sussie


Debuut-Produksie!


Aletta het na ’n ander provinsie toe getrek en JUSSIE SUSSIE! — die lewe het sommer drasties verander sedert haar vorige show, Effens Anders. Hierdie keer is alles groter, vreemder en net ’n bietjie meer… absurd.


Bekend vir haar skerp, eerlike en heerlik herkenbare humorsin op sosiale media, bring Aletta Francina haar nuutste stories na die verhoog — van nuwe roetines en onverwagse lewenslesse tot daardie oomblikke waar jy net moet lag om nie te huil nie. Sy lewe kliphard, dink vinnig, en doen deesdae enigiets vir die plot.


Bederf jouself met ’n kaartjie en kom kekkel saam oor die chaos, die veranderinge en die absolute nonsens van grootmens-wees!


Geen onder 16’s

DIRECTIONS

Aletta Francina - Jussie Sussie! | Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions