Mel die Storieverteller - Internet Sensasie | Die Centurion Teater
Sat Feb 28, 19:30 - Sun Mar 1, 16:15
Die Centurion Teater
ABOUT
Mel die Storieverteller - Internet Sensasie
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in
lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die
regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan
gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en
liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe
‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons
almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!