Routrip - met Elzabé Zietsman | Die Centurion Teater
Fri Feb 13, 19:30 - Fri Feb 13, 21:00
Die Centurion Teater
ABOUT
ROUTRIP
MET Elzabé Zietsman
TEKS Johann Slabbert
REGIE Maralin Vanrenen
KLANKBAAN Coenie de Villiers
VERVAARDIGER Drama Drama
Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas
klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n
alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar
versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die
wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos. Routrip is gebaseer op ’n ware verhaal.
Elzabé Zietsman is bekroon met die 2025 Aardklop-toekenning vir Beste Aktrise vir Routrip, en is ook
benoem vir die 2025 Naledi-toekenning vir Beste Aktrise, asook vir ’n Woordtrofee vir Beste Prestasie in ’n
soloproduksie by die 2023 Toyota US Woordfees.
Document ID: 253363956471061
Tydsduur: 90 minute
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen O/13 / Taal