No under 13s

Raafontuur Wyntuin Konsert

Sat Jan 3, 12:00 - Sat Jan 3, 17:00

Riebeek-Kasteel

ABOUT

Ons kan nie wag om vir die eerste keer die Raafontuur Wyntuin Konsert aan te bied nie!


Wat kan jy verwag?

'n Ekslusiewe ervaring om saam met Lourens en Esté in hulle eie tuin te kuier terwyl die Kraaloog-voëltjies in die fontein baljaar. Ons gaan ontspan en piekniek hou onder die Karee bome, die Raafontuur wyn geniet en 'n opwip konsert van RAAF luister onder die blou Swartland somer lug - wat 'n manier om 'n jaar af te skop? Jy kan jou eie piekniek sitplekke, komberse en eetgoed bring. Raafontuur wyn en water sal ingesluit wees by jou kaartjie!

Vir die kinders sal 'n water en 'n sappie ingesluit wees


Wat kry jy vir R500 per persoon

- 'n Ekslusiewe kuier in RAAF se tuin

- RAAF se konsert

- 'n Glas Raafontuur Rooi

- 'n Glas Raafontuur Wit

- 'n Botteltjie water


*Geen eie drankies. Daar sal 'n kroeg wees waar jy nog wyn, basiese ander drankies soos bier en koeldrank kan koop

* Geen kinders onder 12 jaar (babas in stootwaentjies kan gratis inkom)


Hoe verskil dit van die Huis van RAAF sitkamer konserte?

Die sitkamer konserte sluit ander wyne uit die Swartland asook 'n drie-gang maaltyd in - 'n veel meer formele geleentheid ;)

Dit geskied ook in meer dele van die huis as net die voortuin


Die Raafontuur Wyntuin konsert is dus vir diegene wat hou van iets bietjie meer ontspanne en informeel deur die dag


Die volledige adres vir Huis van RAAF sal aan alle kaartjiehouers per SMS gestuur word die dag voordat die tuin open.


Maak gou spasie is beperk !


DIRECTIONS

Raafontuur Wyntuin Konsert
Riebeek-Kasteel
Riebeek-Kasteel, 7307, South Africa
Get Directions