No under 13s

Mel die Storieverteller - Chaos is Gratis

Sat Feb 21, 08:30 - Sat Feb 21, 11:00

Perron25

ABOUT

Kleinmond dames, Mel die Storieverteller kom kuier saam met julle op hierdie spesiale oggend!


Mel die Storieverteller is 'n komediant en skrywer met ‘n agtergrond in die onderwys, vermaaklikheidsbedryf en teater. Gehore is gaande oor Mel omdat sy sonder vrees sê wat ons almal dink. Haar praatjies is impakvol omdat sy humor verweef met diep en dikwels uitdagende onderwerpe. Haar eerlike, egte benadering maak haar ’n inspirasie vir baie vroue.


In haar kenmerkende styl van eerlikheid, humor en storievertelling bring Mel die Storieverteller vir ons, “Chaos is Gratis” - ’n verfrissende kyk na die lewe van ‘n vrou en hoe om in die middel van absolute chaos jou eie reëls te begin skryf. Want wie het nou anyway die reëls vir die vrou geskryf en hoekom volg meeste van ons dit blindelings?


Erens tussen vuil wasgoed, werk WhatsApp groepe, opgemaakte reëls, verhoudingsdrama en ‘n side hustle is ‘n vrou wat net wil wees wie sy is! ‘n Vrou wat moeg is vir ‘jy moet’ en reg is vir ‘ek kies’. Die druk ‘to have it all’ kom van alle kante; kontrasterende advies en opinies van hier en daar maak ons meer deurmekaar as ooit. Of jy nou vasgevang voel in verwagtinge of moeg is vir perfek speel, dit is tyd om:


- Jou eie definisie van vrouwees te skep

- Reëls te herskryf sodat dit inpas by jóú lewe en egtheid

- Jou identiteit en stem terug te vat – sonder verskonings

- En met selfvertroue jou plek in jou eie storie terug te vat


Chaos mag gratis wees… maar jou vrede en jou waarheid is prysloos.


Tydsduur van aanbieding: ±45 minute

Venue: Teekamer@Perron25

Adres: Hoofstraat 88, Kleinmond, 7195

Kaartjieprys: R180pp

Deure open: 08:00

Verrigtinge begin: 09:00

Mel begin: 10:00


https://bit.ly/eventsatPerron25

DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - Chaos is Gratis
Perron25
88 Main Rd, Kleinmond, 7195, South Africa
Get Directions