No under 13s

Mel die Storieverteller - HTS DROSTDY - Internet Sensasie

Thu Mar 19, 19:00 - Thu Mar 19, 20:20

40 Somerset St

ABOUT

Drostdy, Mel kom kuier met Internet Sensasie by julle! Bring jou vriendinne, die buurmense en jou skoonouers en kom lag lekker saam!


In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.


Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.


Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!


Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)

Styl: Komiese Storievertelstyl

Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s

DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - HTS DROSTDY - Internet Sensasie
40 Somerset St
40 Somerset St, Langerug, Worcester, 6850, South Africa
Get Directions