FREE OPTIONS
Family friendly

Die Krip Landboufees 2026

Fri Sep 4, 07:00 - Sat Sep 5, 23:00

Die Krip Landboufees

ABOUT

Sluit by ons aan vir Die Krip Landboufees 2026, wat Vrydag 4 September tot Saterdag 5 September by Die Krip, 12 km buite Magaliesburg op die R509 in die rigting van Derby en Koster, plaasvind. Hierdie jaarlikse fees vier die streek se ryk landbou-erfenis met 'n program vol vermaak, landbou en gesinsaktiwiteite.


Vrydag begin met 'n insiggewende Landboupaneelbespreking onder leiding van Lourensa Eckard, saam met Minister van Landbou, Willie Aucamp, Theo Venter, Roland Henwood en dr. Johnny van der Merwe, gevolg deur indrukwekkende trekker- en implementdemonstrasies. Die dag word afgesluit met die gewilde musikale komedie Lappoppe, met Je-ani Swiegelaar en Marlee van der Merwe.


Saterdag skop af met The Leverage Corporation se Pretdraf en Bergfietsren, gevolg deur die kroning van Mej Plaasprinses 2026, voordat Leon Graham, Marko Le Roux, Christiaan Carstens, Nicholis Louw, Appel en die bekroonde groep Spoegwolf die verhoog oorneem.


Benewens die hoofprogram bied die fees indrukwekkende landbou-uitstallings, kos- en wynstalletjies, unieke produkte, gesinsvermaak en aktiwiteite vir jonk en oud. Of jy nou vir die landbou, die musiek, die kos of die kuier kom – Die Krip Landboufees 2026 beloof 'n onvergeetlike naweek vir die hele familie.


Moenie dit misloop nie – bespreek jou kaartjies vandag en kom vier saam met ons!

DIRECTIONS

Die Krip Landboufees 2026
Die Krip Landboufees
R509, Magaliesburg, 1791
Get Directions