No under 16s

Laat Lam

Thu Mar 12, 19:00 - Thu Mar 12, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Hierdie woordteaterstuk keer terug na kinderjare waar gebede eerlik en dringend was, en liefde in klein, alledaagse gebare geleef het. Deur familie, huis en geloof ontvou ’n wêreld van onskuld, humor en vroeë verlies. Die verteller ondersoek hoe geloof aangeleer word en hoe twyfel stil-stil saam grootword. Herinneringe word draers van liefde, maar ook van pyn. Die stuk ondersoek wat ons saam dra, wat ons begrawe, en wat ons steeds aanhou glo. Dit is die verhaal van ’n LaatLam — een wat wag, soek, en nog nie heeltemal opgehou hoop het nie.

DIRECTIONS

Laat Lam
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0184, South Africa
Get Directions