FREE OPTIONS
Family friendly

Piekniek met Kersvader 2025

Sat Dec 20, 17:00 - Sat Dec 20, 22:00

Afrikaanse Taalmonument

ABOUT

Vader Krismis bring feesvreugde na Taalmonument

Vier ’n vrolike aand met geskenke, pieknieks en vermaak

Berei die kinders voor op ’n betowerende, speelse aand vol glimlagte en liggies wanneer Kersvader self op SATERDAG, 20 DESEMBER 2025, sy rooi slee parkeer by die pragtige Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM). Soos altyd kan jong en oud op hom staatmaak om geskenke en grappies te bring na hierdie geliefde jaarlikse instelling.

Volop vermaak, speelparke en buitelugspeletjies wag op die kinders terwyl die son stadig wegkwyn. En nes jy dink die aand kan nie mooier raak nie, dan daag Vader Kersfees in sy volle glorie op om geskenke uit te deel!

Die hekke maak om 17:00 oop waarna die jongspan in die tuine kan rondspeel en skeppend raak met kunsvlytaktiwiteite. Om 18:30 is daar boonop ’n gratis begeleide toer vir dié wat meer oor die monument se fassinerende simboliek wil ontdek. Om 19:30 behoort Kersvader sy opwagting te maak, dus ouers moet asseblief hul kinders se duidelik gemerkte geskenke teen 18:30 in sy kous in die Besoekersentrum besorg.

Besoekers kan komberse, spys en drank bring (geen glas, asseblief) om heerlik op die sagte grasperke te piekniek. Kosstalletjies sal ook beskikbaar wees. Onthou net jou flitslig en ’n trui vir wanneer die son gesak het.

Hierdie vrolike piekniek ondersteun ook die Taalmonument se ‘Laat ons Lees!’-projek, wat jong kinders aan die vreugde van lees bekendstel. Piekniekgangers word dus hartlik genooi om nuwe of tweedehandse kinderboeke as geskenk te bring.

Kaartjies beskikbaar by quicket.co.za of die hek teen slegs

  • R40 vir volwassenes
  • R10 vir SA studente, pensioenarisse en kinders 18 en jonger
  • GRATIS vir kinders onder 6 jaar asook jaarpermithouers


DIRECTIONS

Piekniek met Kersvader 2025
Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Paarl, 7646
Get Directions