Family friendly

2025 Oujaars Plaasdans

Wed Dec 31, 18:00 - Thu Jan 1, 01:00

Rusoord Venue & Guesthouse

ABOUT

Skop die nuwe jaar af onder die sterre van die Karoo!


MS360 bied met groot opgewondenheid die tweede Oujaars Plaasdans aan by Rusoord Venue & Gasteplaas op 31 Desember 2025! Kom beleef die vars Karoo-lug, die rustige plaaslewe en ’n egte opskop plaasdans terwyl ons saam die nuwe jaar in dans.


Verwag lekker musiek in ’n sjiek-plaas venue, ’n gesellige familie-atmosfeer, asook toegewyde kindervermaak en kindersorg – sodat oud én jonk die aand sorgeloos kan geniet. Daar gaan ook kosttalletjies en 'n kroeg wees. Jou kaartjie sluit egter braaiers met hout en bykosse in vir 'n bring-en-braai - jy moet net jou eie vleis en eetgerei bring. Let wel geen drinkgoed mag van buite af ingebring word nie. Slegs kaartfasiliteite by die kroeg en kosstalletjies - geen kontant.


Alle winste gaan aan die MS360 Ondersteunersklub, wat verskeie projekte in ondersteuning van Middelburg Karoo se skole befonds en implementeer.


Vir diegene wat die Karoo-rus nóg langer wil ervaar, is daar pragtige verblyf beskikbaar by Rusoord Gasteplaas – bespreek direk by www.rusoordfarmstay.co.za

DIRECTIONS

2025 Oujaars Plaasdans
Rusoord Venue & Guesthouse
Get Directions