DIE AFFIE-KONSERTREEKS

Sat Nov 29, 19:00 - Sat Nov 29, 20:30

AHS Ben Schoeman Ouditorium

ABOUT

Die Musiekdepartement van die Afrikaanse Hoër Seunskool, trots ondersteun deur Fairtree, bied aan


DIE AFFIE-KONSERTREEKS


Afrikaanse Hoër Seunskool bied vanjaar ‘n klassieke musiekkonsertreeks aan wat iets vir elke smaak bied.


In ons vierde en laaste konsert in die reeks, tree ‘n koperblaaskwintet as hoofkunstenaars op met die vertoning “Brass is class” – musiek vir ‘n koperblaaskwintet.


‘n Koperblaaskwintet is ‘n standaard-ensemble wat deur bekende groepe soos, onder andere, Canadian Brass, Empire Brass en German Brass wêreldwyd bekend gemaak is. Hierdie tipe kwintet is een van die mees moderne ensembles in kamermusiek en verteenwoordig die veelsydigheid en tegniese vermoë van elke koperblaasinstrument-kunstenaar.


Vir hierdie konsert bestaan die ensemble uit:


Trompette: Braam van Tonder en Donald Bouwer

Franse horing: Jaco van Staden

Tromboon: Henri Liebenberg

Tuba: Erik Beukes


Hierdie talentvolle manne tree gereeld as koperblaaskwintet op met die doel om die diversiteit en unieke klank van hierdie musiek ten toon te stel. Die konsert verteenwoordig ‘n gebalanseerde en toeganklike program, van Barok- tot moderne musiek, sowel as ‘n wye verskeidenheid gunsteling-Kersmusiek om die feestyd in te gaan.


Die program sal onder ander musiek insluit Scheidt se Battle Suite, Trumpet Tune & Ayre van Henry Purcell, Sarabande van Edward Grieg, Stephen Sondheim se Broadway Baby en die middeleeus-geinspirerende Greensleeves.


Soos gewoonlik het ons weer Affie-manne wat in ‘n voorprogram optree – die graad 8- en 9-koperblaasensemble onder leiding van mnr. Braam van Tonder.


Koffie en tee is gratis beskikbaar.


Datum: Saterdag 29 November 2025

Tyd: 19:00

Tydsduur: 90 minute (geen pouse)

Venue: Ben Schoeman Ouditorium, Afrikaanse Hoër Seunskool

Kaartjieprys: R160 (R120 vir pensioenarisse en leerders)

Kaartjies beskikbaar by www.quicket.co.za


Navrae: 012 344 3805 of [email protected]

DIRECTIONS

DIE AFFIE-KONSERTREEKS
AHS Ben Schoeman Ouditorium
1 Lynnwood Rd, Elandspoort 357-Jr, Pretoria, 0002
Get Directions