Piekniek en Liriek
Thu Feb 12, 18:00 - Wed Feb 18, 03:36
21 Acacia Ave
ABOUT
Piekniek & Liriek
met Jacobi de Villiers & Olga Leonard
‘n Somer-musiekaand op die gras, vol liedjies wat jy ken en liefhet.
Kom sit gemaklik in die tuin, pak ’n piekniekmandjie en kom luister na jou gunsteling Afrikaanse liedjies, vars verwerk, maar met dieselfde hart en geheue wat dit altyd gehad het.
Hierdie is nie ’n swaar show nie, dis ’n lekker kuier. Ons sing die treffers wat almal ken: Blouberg se Strand, Huisie by die See, Karoonag, Sonvanger en meer, met stories tussenin, ’n paar lag-oomblikke, en ’n warm mengsel van Afrikaanse siel met ’n tikkie Europese flair.
Prakties:
- Datum: 12 Februarie 2026
- Tyd: 18:00 vir 18:30
- Plek: 21 Acacia Laan
- Kaartjies: R180 pp
- Ingesluit: ’n Glas wyn
- Bring: Jou piekniekmandjie & kombers