Anna Davel in Konsert
Sat May 2, 18:00 - Sat May 2, 19:30
Oase JBay (AGS)
ABOUT
Anna Davel in Konsert
Anna doen ‘n program van gunsteling musiek uit haar repertoire.
Haar eerste album is vrygestel in 2000, en steeds sing sy nog die land aan die brand met gereelde optredes by kunstefeeste en teaters reg oor Suid Afrika. Sy het reeds 10 albums vrygestel en is al vier keer genomineer vir ‘n SAMA toekenning.
Die gehoor kan uitsien na oorspronklike liedjies uit Davel se pen en natuurlik is daar ‘n paar ou gunstelinge deel van die program soos ‘Die gypsy in jou oë’. Die program sluit ook ligte swing musiek in soos voorheen gesing deur Frank Sinatra, Nat King Cole ea, en afgestof en opgejazz is deur Anna.
Dus… ‘n show met ‘n verskeidenheid so reg in Anna se styl; jazzy, smokey latino ritmes, Swingende bossa nova’s en dan natuurlik ‘n paar heuning-ballades vir die somber siele!
As well as performing some of her award winning original music, Anna will also showcase some music of the big band Swing era and other cover songs in a fresh way that is so characteristic to Anna’s smoky jazzy style. She varies the programme by including luscious Latino rhythms, swinging Bossa Novas and her own signature moving ballades.
Anna Davel - Kort Bio
Die afgelope 25 jaar was daar 10 album- vrygestellings asook ? DVD. Haar eerste album is vrygestel in 2001, en meer as 2 dekades later sing sy nog steeds die land aan die brand. Anna het, buiten haar 4 oorspronklik ablums, ook 2 Engelse jazz albums (Linger en Linger Longer), ? Afrikaanse Jazz album (Blues & Susters met Ollie Viljoen) en ? kinderalbum (In die land van Kammalielie) vrygestel, en deur haar loopbaan was daar heelwat hoogtepunte; verskeie samewerkings, nominasies, toekennings en verhoogproduksies o.a.; 4 x SAMA nominasies en ? SAMA toekenning vir Beste Afrikaanse kontemporêre album, ‘n Huisgenoot Tempo toekenning vir ‘Blues&Susters’ asook ? Ghoema en Tempo nominasie vir haar kinderalbum ‘In die land van Kammalielie’. Die produksie Landskap wen ? Woordtrofee tydens die Woordfees 2107 vir beste Woordkuns produksie. Haar produksie Diamonds – a Shirley Bassey tribute is ook genomineer as beste musiekproduksie tydens Aardklop 2019.