Blitskursus: Opvolgbeplanning

Fri Oct 31, 08:30 - Fri Oct 31, 12:30

komma Koek en Koffie

ABOUT

Waarom wil ons oor opvolgbeplanning gesels?

Ons sien dit as die geleentheid om die tafel tussen die huidige leier en die moontlike, of reeds geïdentifiseerde, opvolger, oop te maak om te gesels oor hul wense en hoe hulle die toekoms sien. Kommunikasie is een van die grootste suksesfaktore vir 'n suksesvolle opvolging.


Wat is die doel van opvolgbeplanning?

Die uiteindelike doel van opvolgbeplanning is om die waarde van die besigheid te verstaan, om daardie waarde en sy toekomstige groeipotensiaal te bewaar, en om dit ongeskonde oor te dra na die volgende generasie.

Opvolgbeplanning gaan oor wat sal voort bestaan van jou pogings, jou stempel, jou beginsels en jou harde werk nadat jy nie meer daar is om dit te vorm nie.


Vir wie is dit?

- Huidige leiers wat moet oorgee.

- Opvolgers wat in die volgende 20 jaar moet oorneem.

- Familielede betrokke by ’n familie besigheid.


Hoe vroeër jy bewus is van wat alles ’n rol speel in opvolging, hoe makliker kan jy die moontlike probleme raaksien en hanteer. Dit vorm en rig jou denke op die toekoms en op nalatenskap.


“Wat jy vandag in plek stel, kan 'n positiewe invloed op die toekoms hê.”

DIRECTIONS

Blitskursus: Opvolgbeplanning
komma Koek en Koffie
Rhenosterfontein Rd, Cullinan, 1000, South Africa
Get Directions