Granaatsap
Sat Mar 14, 19:00 - Sat Mar 14, 20:00
Old Harbour Museum
ABOUT
Cave Theatre bied aan Granaatsap deur Lisa Kukard
Ná haar heilige droom word Ouma ’n selfaangestelde profeet. En haar huis word haar tabernakel.
Daar waar die Onse Vader talm en oorlede Albertus lê, groei die heilige granaatboom – bewyse van Ouma se offerande. Met haar lojale dominee, die twee verbode granate en ’n tingerige kleinkind, hoop Ouma om haar visioene van die nuwe messias te verwesenlik.
Maar sy het ’n probleem. Die Dag van die Rooi Son het aangebreek en Ouma se kleindogter is
nog nie vrugbaar nie ... Die wasgoed verberg ook die kraai.
’n Judas wat twyfel in die kinders –haar maagde – saai.
Waar sal haar hulp dan nou vandaan kom?
Rolverdeling:
Zara West as Ouma
Kristen Fichardt as Kraai
Enzo Cocciante as Dietrich
Ancois Bodenstein as Madelein
Jean Retief as Johnny