Musiek Pret
Sat Aug 29, 18:00 - Sat Aug 29, 21:30
Laerskool Denneoord Saal
ABOUT
Musiek Pret Fondsinsamelingsaand ten bate van ACVV Dienssentrum
Maak gereed vir 'n aand vol musiek, lag, lekker saamkuier en die geleentheid om 'n verskil te maak!
Sluit by ons aan vir 'n onvergeetlike Musiek Pret Fondsinsamelingsaand ten bate van ACVV Dienssentrum, waar elke kaartjie help om ondersteuning en hoop aan mense in nood in ons gemeenskap te bied.
Die gewilde span van Musiek Pret sal sorg vir 'n interaktiewe aand vol musiek, pret en vermaak. Bring jou familie, vriende, kollegas of klublede saam en bespreek 'n tafel vir 'n gesellige aand uit.
Wat kan jy verwag?
Interaktiewe Musiek Pret-vertoning
Fantastiese pryse om te wen
Opwindende veilingitems
Bring jou eie eetgoed saam
Bring jou eie drankies saam
Ondersteun 'n goeie saak in jou gemeenskap
Belangrike Inligting
Datum: 29 Augustus 2026
Deure open: 17:00 | Begin: 19:00 (after the Rugby Game)
Venue: Laerskool Denneoord, George
Ten bate van: ACVV Dienssentrum
Kaartjies
R250 per persoon
Slegs tafelbesprekings beskikbaar
Tafels beskikbaar vir:
- 10 persone
- 8 persone
- 6 persone
Bespreek Nou
Bespreek jou tafel op Quicket - Navrae: 071 370 1510
Kom geniet 'n aand van musiek, pret en gemeenskapsgees terwyl ons saam help om 'n verskil te maak in die lewens van diegene wat ons ondersteuning die nodigste het.
Kom ons help ons om ander te help.