JJ EN DIE STRONK
Fri Oct 10, 18:00 - Sat Oct 11, 12:00
The Adam Small Theatre Complex
ABOUT
Fee Fi Fo Fum…of is dit Fun? Welkom by die pantomini van 'n Afrikaanse man. Julle
word hartlik uitgenooi na die viering van JJ en Jill se groot dag! Voordat die liefde
kon vlamvat en die kerkklokke lui, was daar eers 'n groot stronk in die pad… So stof
julle vellies af en trek jou mooiste bloesie aan, want Mamma Menopuase sal haar
verseker vir niemand skaam. Gaste ingesluit! Kom beleef die avonture van
Harmonie en Patrys, 'n ongurige paar, Aquafina en Melktertjie wat in die verte in
staar. Hierdie pantomini sal elkeen se voete laat klap, na asam laat snak en oud en
jonk vermaak! So kom sing saam en ervaar die wonder van die grootste boon,
stronk en eiers… Ricus moet net nie snuf in die neus kry nie. Binnekort in die Adam Small Lab
Teater, 10 en 11 Oktober.