No under 16s

OUMA IS OPPAD - Margit Meyer-Rödenbeck

Fri Feb 20, 17:30 - Fri Feb 20, 21:00

Perron25

ABOUT

Somerkonserte by Perron 25


“Margit Meyer-Rödenbeck neem jou op ‘n super humoristiese en verfrissende wyse op reis deur ‘n veranderende wêreld! Jy huil soos jy lag terwyl ernstige waarhede jou lag-lag tref. UITSTEKEND!!!”

“Most enjoyable afternoon we’ve had in a very long time. High quality show, never ending laughter and fun.


Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak.


Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ? formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie Ken nie, En “takt” is een van hulle.


“Meyer-Rodenbeck is nou maar een maal n staatmaker-op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooit teleur nie, nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel”. - Rafiek Mammon



https://bit.ly/eventsatPerron25

DIRECTIONS

OUMA IS OPPAD - Margit Meyer-Rödenbeck
Perron25
88 Main Rd, Kleinmond, 7195, South Africa
Get Directions