ATKV - GOUD

Sat Oct 4, 17:30 - Sat Oct 4, 22:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Maak ’n knoop in jou oor, ’n nota in jou dagboek, ’n herinnering op jou selfoon, maar maak seker dat jy op 4 Oktober gereed is om ATKV-Crescendo GOUD by die Daisy Jones-teater buite Stellenbosch by te woon.


Tydens hierdie produksie gaan Crescendo-legende Petronel Baard en die Voice SA-wenner Craig Lucas saamspan om vier talentvolle kunstenaars wat die ATKV se musikale mentorskapprogram in 2025 opgelewer het aan Suid-Afrika bekend te stel.


Die vier kunstenaars wat vir die eerste keer na ses maande se intensiewe opleiding te sien sal wees, is:

• Lizl Simoes, ’n klavierjuffrou, meestersgraadstudent, liedjieskrywer en sangervan Pretoria.

• Mark Pekeur, ’n Paarliet, wat aan die Musical Theatre Masterclass studeer.

• Salvador Mouers, ’n hip-hop- en R&B-kunstenaar al die pad uit Windhoek, Namibië.

• Tamryn Paulse, ’n pastoor en ma van drie van die Paarl.


Plek: Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

Tyd: Deure - 17h30 | Show - 19h00

Kaartjies:R150 aanlyn

Tafel Besprekings: +27 64 968 2015 (**Let asb dit is tafel deel van 4-6 pax)

Heerlike kos en volle kroeg beskikbaar by die venue.


DIRECTIONS

ATKV - GOUD
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions