Molly en Wors - Die Verhoogstuk (Willie Esterhuizen en Lizz Meiring @ Die Centurion Teater)

Sat Nov 15, 11:00 - Sat Nov 15, 16:15

Die Centurion Teater

ABOUT

TERUG OP OORWELDIGENDE AANVRAAG - Na uitverkoopte gehore!


MOLLY & WORS – DIE VERHOOGSTUK


Met Willie Esterhuizen & Lizz Meiring


Na jare se smeek en pleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug—dié keer op die verhoog! Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie dit kan doen. En die tema? "Die geheim van ’n gelukkige huwelik… bly ’n geheim."


Kom kopknik met herkenning oor hoe dit in meeste huwelike gaan. Soos altyd in Willie Esterhuizen se werk, is dit humor met hart: heerlik snaaks, voelgoed, maar ook verrassend en warmhartig. Saam met Lizz Meiring as Molly vorm hulle ’n gedugte span en die vonke spat!


Vervaardig deur: Artist Warehouse, Westel Productions en Lizz Meiring Produksies

Teks: Willie Esterhuizen

Regie: Pieter Esterhuizen

Stel ontwerp: Willie Esterhuizen

Kostuums: Hollywood Costumes

Musiek: Toby Esterhuizen

Tegnies/Verhoogbestuur: Yvette Hanekom

DIRECTIONS

Molly en Wors - Die Verhoogstuk (Willie Esterhuizen en Lizz Meiring @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions