No under 13s

PAPELELLEKOORS

Fri Sep 19, 19:30 - Fri Sep 19, 21:00

chiesa di PAZZO LUPi

ABOUT

PAPELELLEKOORS

‘N KABARET DEUR Johann Slabbert

MET Elzabé Zietsman

PIANIS Jody Jason Petersen

VERVAARDIGER Drama Drama


Die kreatiewe span agter die treffers Routrip en Vier Panado’s en ‘n Chardonnay is weer terug met ‘n splinternuwe kabaret! Papelellekoors bied ‘n tong in die kies blik

op die daaglikse irritasies, konsternasies en frustrasies wat ons almal ervaar.


Hierdie produksie vra die vraag: Wat gee jou papelellekoors en wat verklap dit van jouself? Elzabé Ziestman het, baie teësinnig, lank in die spieël gekyk op soek na ‘n

openbaring. Sy soek nog steeds.


Soos gewoonlik draai Zietsman nie doekies om terwyl sy die gehoor op ‘n reis na selfontdekking neem nie. Die vertoning word begelei deur die uitmuntende pianis

Jody Jason Petersen, bekend aan Pretoria se gehore vir Afrikaans 100 – Uit die mond. Saam gee hulle nuwe betekenis aan musiek van kunstenaars soos Joni

Mitchell, Coenie de Villiers en selfs Monty Python, asook nuutgeskepte liedjies met lirieke deur Johann Slabbert.

DIRECTIONS

PAPELELLEKOORS
chiesa di PAZZO LUPi
34 4th Ave, Melville, Johannesburg, 2109
Get Directions