JINGLE BALLZ
Wed Dec 16, 19:00 - Wed Dec 16, 22:00
Gamtoos Ferry Hotel
ABOUT
JINGLE BALLZ
“Jou Vakansie Oorlewingsgids”
Net voor jy jou flip-flops aantrek en soos ’n pap wors op die strand gaan lê, bring Timothy Kieswetter vir jou ’n Once-Off Comedy Special. Dink daaraan as jou "hoe oorleef ek my familie sonder om in ’n misdaad-dokumentêr te eindig?" handleiding.
Hoekom het jy dit nodig? Wel…
Vakansies = familietyd. En familietyd = skoonfamilie. En skoonfamilie = Stresvolle tyd.
Vakansies klink soos rus en vrede… en dan bam! Iemand huil, iemand skree, iemand pak sy tas om "huis toe te ry".
Jou kinders? Ja, hulle is nou 24/7 op jou soos 'n pop-up advertensie. "Maaa! Ek is bored! "Paaa! Kyk!" "Hoekom slaap julle nog, dis net 05:04?"
Trouberaders doen Januarie dubbel skofte. Want ná drie weke se strand, eet en drink, familie en kinders vra jy jouself: "Het ek regtig belowe tot ewig en ewig…?"
Skei-prokureurs glimlag breed na Desember. Hoekom? Want iemand moet die ski-vakansies betaal.
Desember vakansies is basically 'n huweliks-eksamen.
Maar ontspan — jy hoef nie deel te word van die "vakansie familie fiasko" statistiek nie. Timothy is hier om jou toe te rus sodat jy terugkom gelukkiger, kalmer… en nog getroud.
Hierdie Jingle Ballz survival kit sluit in:
· Kinder-Ontsnappingsplan 101
· Skoonma Verskansings strategie
· Irriterende-Man Detox
· Kopseer-Vrou DIY Kit
· Kommunikasie Veldgids
Berei jou voor. Lag jou stres weg. Gaan op vakansie — en kom terug met jou huwelik en verstand nog heel.
Jingle Ballz.
Want as jy nie gaan lag nie… gaan jy huil.
NO UNDER 18's
There will be food stalls and a bar.
Pizza Night at the Ou Bar Restaurant for the kids.