Family friendly

Joshua na die Reën

Sun Oct 19, 17:30 - Sun Oct 19, 21:00

Perron25

ABOUT

Somerkonserte by Perron 25


Dis weer daai tyd van die jaar waar ons saam kuier onder die sterre by Perron 25 – van 1 September 2025 tot 30 April 2026!


Joshua na die Reën kom na Kleinmond


Daar is kunstenaars wat nie net musiek maak nie, maar siel aan klank gee.


Joshua na die Reën, is so ’n stem — ’n fluistering van hoop, ’n storm van emosie, en ’n sonsopkoms van nuwe moontlikhede.


Sy liedere vou jou toe soos reëndruppels op droë grond: sag, suiwer en lewensgewend. In elke woord en akkoord lê ’n uitnodiging om te onthou, te droom en weer te glo.

Kom beleef hierdie besondere aand waar musiek en menswees ontmoet, en die hemel oor Kleinmond oopreën in klank.




Bring jou piekniekmandjie en wyn of geniet ’n charcuterie-bord met ’n bottel van ons plaaslike wynmeesters se beste keuses.


Dis ’n aand van musiek, samesyn en herinneringe – soos ons dit net hier aan die Walviskus beleef.


Moet dit nie misloop nie – Joshua na die Reën by Perron 25 gaan ’n aand wees wat lank in jou hart bly.


Sluit aan en klik op die skakel hieronder om by ons gemeenskap aan te sluit en word deel van die storie:


https://bit.ly/eventsatPerron25

DIRECTIONS

Joshua na die Reën
Perron25
88 Main Rd, Kleinmond, 7195, South Africa
Get Directions