DIE AFFIE-KONSERTREEKS
Sun Sep 21, 11:00 - Sun Sep 21, 12:30
AHS Ben Schoeman Ouditorium
ABOUT
Die Musiekdepartement van die Afrikaanse Hoër Seunskool,
trots ondersteun deur Fairtree, bied aan
DIE AFFIE-KONSERTREEKS
Afrikaanse Hoër Seunskool bied vanjaar ‘n klassieke musiekkonsertreeks aan wat iets vir elke smaak bied.
Vir ons derde konsert in die reeks, tree die AirFlair houtblaser kwintet as hoofkunstenaars op. AirFlair is gestig in 2014 en speel sedertdien op gereelde grondslag saam. Die kwintet is gevorm uit die destydse hoofspelers van die houtblaasseksie van die Gauteng Philharmoniese Orkes met Laetitia de Lange (fluit), Johan Ferreira (klarinet), Jaco van Staden (franse horing), Esther Watkins (fagot) en Lizet Smith (klarinet). In hierdie konsert staan Brahm Henkins in vir Esther op fagot.
Die GPO het tot 2020 baie gereelde konserte in die Brooklyn Teater, in Pretoria gegee het. Sedert die Covid pandemie het Brooklyn Teater ongelukkig sy deure gesluit, maar die GPO tree steeds van tyd tot tyd op en maak veral opnames vir RSG.
Die lede van Airflair is almal baie aktiewe en gevestigde musici en tree gereeld op in ander orkeste en kamermusiek groepe in Suid-Afrika.
Die spesiale program vir die Affie-Musiekkonsert noem ons “Something Old, something borrowed, something blue”. Die gehoor sal getrakteer word met soet melodieë uit Frankryk, Rusland en Suid-Afrika.
Airflair speel Taffanel se Kwintet en bewegings uit die Pulcinella Suite van Stravinsky wat beïnvloed is deur die Barok tydperk. Niel van der Watt se “Scenes from Romeo and Juliette” (gepaardgaande met voorgeleesde teks) is die eerste keer uitgevoer deur AirFlair in 2016 - dit was ook die werk se “premiére”. Dit was met groot entoesiasme deur die gehoor ontvang.
Program:
- Niel van der Watt – Tonele uit Romeo en Juliet, met gesproke teks
- Igor Stravinsky – Bewegings uit Pulcinella Suite vir houtblaaskwintet
- Paul Taffanel – Houtblaaskwintet in G mineur
Soos gewoonlik het ons weer Affie-manne wat ‘n voorprgram sal doen. Hulle speel die Haydn Divertimento Op.100 no.1 se tweede beweging (Allegro) vir fluit, viool en tjello trio. Die kunstenaars is Ben Cilliers (gr 11) fluit, Mornay Greyling (gr 11) viool en Gideon Venter (gr 11) tjello.
Koffie, tee en water is gratis tydens pouse beskikbaar.
Datum: Sondag 21 September 2025
Tyd: 11:00
Tydsduur: 90 minute (geen pouse)
Venue: Ben Schoeman Ouditorium, Afrikaanse Hoër Seunskool
Kaartjieprys: R160 (R120 vir pensioenarisse en leerders)
Kaartjies beskikbaar by www.quicket.co.za – direkte skakel: https://qkt.io/GKf9xB
Affies is ook opgewonde oor die laaste konsert vir 2025 in die Affie-konsertreeks:
29 November - Braam van Tonder en Jaco van Staden
Navrae: 012 344 3805 of [email protected]