No under 13s

Moordballades - Chris du Plessis

Wed Sep 3, 19:00 - Wed Sep 3, 22:00

chiesa di PAZZO LUPi

ABOUT

BLINK GEDIGTES oor Moordballades en Minder Vrolike Verse Dis die lirieke-met-musiek beweging: Chris du Plessis is terug agter die kitaar en bekfluit met ’n vars sarsie wysies vir verse uit die eerste helfte van die vorige eeu en vroeer.


Die joernalis en TV-regisseur Chris du Plessis se lang en roemryke loopbaan in die media het ook ’n musikale toon gehad en dit is nou hierdie talent wat Chris weer

afgestof het. “Ek weet nie waar of wanneer presies die idee by my ontstaan het om ou Afrikaanse gedigte uit die eerste helfde van die vorige eeu te toonset nie, maar ek onthou dat Tim Huisamen - my leraar in Afrikaans-Nederlands saam met André P. Brink op Rhodes Universiteit in die tagtigerjare - my nuuskierigheid oor en verwondering van die poësie geprikkel het,” sê Chris wat deesdae in Knysna woon. Jare later, in die vroeë negetigerjare tydens die sogenaamde Eerste Afrikaanse

Alternatiewe Musiekbeweging, moes Chris as kunsredakteur by die Vrye Weekblad die Voëlvry-toer help bemark en toe Houtstok begin bene kry, het hy en ’n paar

skoolvriende wat al lankal saam ge-jam het, inderhaas koppe bymekaar gesit om die deuntjie Sy’s Afrikaans Maar Sy Wil Net Engels Praat te skep vir die aanbrekersgeleentheid.


Kort daarna, kry Chris opdrag om ’n laatnag musiek-en-vermaakprogram “Not Quite Friday Night” vir die SAUK te vervaardig - met onder meer die doel om ’n platform te skep vir musikante wat nooit andersins ’n kans gegun is om op TV te verskyn nie. “Toe ’n groep een week nie opdaag nie, roep ek weer die Houtstok-spannetjie

bymekaar met twee rasta-pelle uit Yeoville om die gaping in my program te vul,” verduidelik Chris. Hy skryf inderhaas die nou berugte Somerslied en hulle voer dit op

as Die Radiators.” Die groep skep nog ’n paar onortodokse, tong-in-die-kies deuntjies wat opslae maak en na hulle CD die lig sien, begin uitnodigings na musiekgeleenthede televisie-musiekprogramme toeneem - maar die repertoire was nog te skraps om ’n volle konsertoptrede te regverdig.


“Ek het toe maar vir ons live repertoire twee gedigte van C. Louis Leipoldt wat ek lank tevore op Universitieit getoonset het ingesluit en wat later ’n gewilde aspek van ons optredes geword het. Die een was ’n rou kommentaar oor die boereoorlog, ‘Koperkapel’, en die ander ’n tipiese Leipoldt natuurballade ‘Die Beste’.” Tydens die Covid-pandemie het Chris nog ’n bondel verse versamel en getoonset - sommige uit die pen van bekendes, ander anoniem, party hartroerend en selfs bitter, ander grappig met ’n ligsinnige blik op die tyd waarin hulle geskep is. Hy sê hy kan nie met sekerheid vaspen waarom hierdie spesefieke gedigte gekies is uit die honderdede ongelooflike verse in ons kragtige en beeldende taal nie. “Mens kan maar sê hulle het uitgespring terwyl ek deur die bundels geblaai het,” se hy.


“Die deuntjies wat ek aan hulle toegeskryf het, is ’n uiteenlopende mengelmoes tussen alles van tradisionele Keltiese folksballades en Zoeloe-straatkitaarmusiek tot bluegrass en rock ’n roll.” Soos hy meer gedigte en die agtergronde van ons digters begin naslaan het, hoe meer is hy weggevoer deur hulle uitdrukkingsvermoëns en unieke magtiging van die Afrikaanse taal, asook deur hulle kleurvolle persoonlike lewens en die geskiedenis van ons land wat daarom ontvou het. Volgens Chris het die projek nou ontwikkel tot ’n volle vertoning waarin hy tussenin die liedjies die herkoms van die verskeie digters en hulle verse uitlig asook oor die algemeen skerts en gesels oor die tydperke waarin hulle geskep is. Dit word alles gepeper met verwante staaltjies in ’n tipe “sit-down comedy” roetiene.


“Ek hoop puriteine vergewe my as hier en daar ’n woord of frase in die slag moes bly of verander moes word om by die deuntjies te pas. Na jare se gekerf en geskaaf is ek nogal tevrede met my pogings en ek kan maar net hoop luisteraars geniet dit soveel as wat ek geniet het om hierdie verse ’n harmoniese inslag te gee.”


MURDER BALLADS: reviews/comments


I enjoyed every moment of Chris du Plessis's Murder Ballades. This production has legs and should be experienced by everyone.

Frank Opperman - actor, musician - February 4, 2025


“Chris du Plessis's Murder Ballads last night at the Ampie Theatre in Wellington was a treat and a tonic. It was a home-cooked mix of sit-down comedy full of self-mockery and surprising settings that breathed new life into old poems. Chris's perspectives on the work of Leipoldt, DF Malherbe, ID du Plessis, Opperman and especially Van Wyk Louw make you think again about things you think you know. He makes words that you have already filed away as old-fashioned, wild again. There were also a few settings of anonymous poems from the late 1800s that I was not familiar with at all, but worked wonderfully in the talking blues tradition. Chris is doing the show again tonight at The Alma Cafe. Go if you can!”

Danie Marais - journalist, poet, music critic - November 4, 2024


"I had the privilege of a private performance of Moordballades while visiting the raconteur of raconteurs, Chris Du Plessis. If you are on THAT side of the mountain, go check it out....you will not be disappointed. Zapiro endorsed this message as well...go, there are tickets and don't blame us if you get caught in a queue around the block"

Marianne Thamm - journalist/comedian - September 20 2024


"I had a sneak preview and I loved it. Chris is brilliant."

Zapiro - cartoonist - September 2024


“On Saturday night I had the privilege of attending Chris Du Plessis' performance at the Ampie Theatre here in Wellington. What an experience.”

Willem Mulder - photographer / photojournalist - 4 Nov 2024


I went to check it out last night. What fun!”

Louis De Villiers - journalist and social commentator - November 4, 2024


“What a wonderful experience! I enjoyed it so much - the beautiful music, tragedy and brilliant humor.”

Annemie Mulder - audience member - November 4, 2024


"Saw Chris du Plessis at his mind-altering "Murder Ballads/Moordballade" gig at the The Alma Cafe last night. Even though it was a school night, we got home much later than we'd hoped (what did we expect!). What a jol. What a talent! What a show!"

David Bristow - Founder and Former Editor, Getaway Magazine - November 4, 2024


"We loved staging this show - it was so multi layered with incredible stories, humor, history, songwriting, singing and a performer who simply pours his heart out! There was such a vibe of sharing and happiness in the air since the first arrivals! Big thanks and respect to Chris for a very different, daring and quite remarkable offering. And to the audience who created such warm support and excellent atmosphere all the way!!"

Richard Tait - Owner, Alma Cafe - November 4, 2024


DIRECTIONS

Moordballades - Chris du Plessis
chiesa di PAZZO LUPi
34 4th Ave, Melville, Johannesburg, 2109
Get Directions