FREE OPTIONS
Family friendly

Sterrekykpienieks | Stargazing Picnic

Fri Nov 14, 17:00 - Sat Mar 14, 22:00

Afrikaanse Taalmonument

ABOUT

Die Orion Observasie Groep (OOG) neem gaste op ’n reis deur die heelal met hul teleskope en entoesiasme.


Hekke open om 17:00 waarna besoekers die beeldskone vergesigte oor die valleie, berge en die skiereiland kan inadem voordat hulle van sononder tot 22:00 deur die teleskope na die hemelruim kan tuur. Gaste word aangemoedig om die terrein, uitstallings en die simboliekryke monument te verken. ’n Gratis begeleide toer vind om 18:30 plaas om die geskiedenis en betekenis van die monument toe te lig. Vir jong sterrekykers is daar buitelugspeletjies en speelparke beskikbaar.


Piekniekgangers is welkom om hul eie kos en drankies (geen glas) saam te bring. Onthou om warm klere en verkykers mee te neem; veilige parkering is beskikbaar. Die piekniekreeks ondersteun die ATM se geletterdheidsprojek Laat ons Lees!, wat daarop gemik is om kinders die vreugde van lees te laat ontdek. Gaste word aangemoedig om nuwe of tweedehandse kinderboeke as skenking saam te bring.


__


The Orion Observation Group (OOG) takes guests on a journey through the universe with their telescopes and enthusiasm.


Gates open at 17:00, after which visitors can soak in the stunning views over the valleys, mountains and the peninsula before turning their gaze skywards through the telescopes from sunset until 22:00. Guests are encouraged to explore the grounds, exhibitions and the symbol-rich monument. A free guided tour takes place at 18:30 to explain the history and meaning of the monument. For young stargazers, outdoor games and playgrounds are available.


Picnickers are welcome to bring their own food and drinks (no glass). Remember to pack warm clothing and binoculars; safe parking is available. The picnic series supports the ATM’s literacy project Let’s Read!, which aims to help children discover the joy of reading. Guests are encouraged to bring new or second-hand children’s books as donations.



DIRECTIONS

Sterrekykpienieks | Stargazing Picnic
Afrikaanse Taalmonument
Gabbema Doordrift St, Paarl, 7646
Get Directions