Plastic People dokumentêr vertoning
Thu Sep 4, 18:30 - Thu Sep 4, 21:00
NG Kerk Stellenberg (Dutch Reformed Church)
ABOUT
'n Gratis vertoning van die dokumentêr Plastic people, met 'n gesprek oor die film na die vertoning. Koffie en Popcorn beskikbaar, eie eet en drinkgoed ook welkom.
Stellenberg-gemeente neem deel aan die globale Seisoen van Skepping inisiatief. Tydens September is daar vertonings van Plastic People by verskillende gemeentes regoor die land - Stellenberg-gemeente is een van hierdie gemeentes waar jy die vertoning kan kyk. Kom neem deel en word meer bewus van die impak van plastiek op ons omgewing en ons gesondheid. Gesels saam oor wat elkeen van ons kan doen om 'n verskil te maak.
Die film is 82 minute en sal teen 20:00 klaar wees. Die gesprek na afloop van die film sal tussen 20:00 en 21:00 plaasvind.