Kunskoors - Kunskronkel - 1 May 2026
Fri May 1, 09:00 - Fri May 1, 13:00
Tampa Bay Spur Steak Ranch
ABOUT
Kunskronkel
Ry saam en leer skeppende kunstenaars in Jeffreysbaai ken waar hulle in hul studios werk. Dis n kans om die prosesse agter n kunswerk te begryp. Ervaar n genotvolle oggend in n kunskoets bussie met n gids. Ontvang n glas vir die wyn en klein versnappering by elke studio waar jy die kunstenaar leer ken .
Kunstenaars word onteenseglik deur hulle omgewing beïnvloed. Jeffreysbaai se natuurskoon en die bewaring daarvan is hier van belang.
Sir David Attenborough het nie bekendstelling nodig nie. Die filmmaker, bioloog, natuurkundige , uitsaaier en ontvanger van veelvuldige toekennings dien as bron en inspirasie vir Kunskronkel 2026.
“It seems to me that the natural world is the greatest source of excitement; the greatest source of visual beauty; the greatest source of intellectual interest. It is the greatest source of so much in life that makes life worth living.”
"Every breath of air we take, every mouthful of food that we take, comes from the natural world. And if we damage the natural world, we damage ourselves "
Daar is 6 stoppe by die volgende 7 kunstenaars:
Al sewe kunstenaars het met die tema omgegaan en 'n eie interpretasie daaraan verleen. Geniet elkeen se unieke uitkyk soos dit in hulle werkruimtes vertoon word.
Zuanda Badenhorst: Die aanhaling spreek direk tot my.
Ek sien die natuur as oeroue erfenis waarna omgesien moet word. Elemente van diè erfenis kruip oral in die landskappe weg, asook bewyse van die vernietiging van die kosbare bronne deur die mens.
Om n breër siening te volg en by bg aan te sluit: Carl Jung het die natuur gesien as n magtige, transformatiewe krag, beide ekstern en intern. Hy het dit as belangrik gesien om met die natuur, fisies en psigologies, te verbind om jouself te verstaan en balans te vind. Die mens en sy psige is onherroeplik aan die natuur gekoppel. Deur met die natuur te verbind kan jy die psige reinig en herstel.
Intuisie is 'n vermoë wat verhoog kan word deur tyd in die natuur te spandeer. Die konneksie tussen intuïsie en die natuur het die potensiaal om besluitneming, kreatiwiteit en algemene welbehae te verbeter.
Ek poog om deur die natuur as inspirasie, en dmv veral lyn, asook tekstuur, vorm, kleur en ruimte so n balans te vind in werke van akriel en gemengde media op doek en papier.
Intuition, often described as a gut feeling or an inner knowing, is a natural human ability that can be enhanced by spending time in nature. Nature provides a rich sensory experience that can awaken and sharpen our intuitive abilities. This connection between intuition and nature is not merely anecdotal; it's increasingly recognized for its potential to improve decision-making, creativity, and overall well-being.
Here's a closer look at the relationship:
What is Intuition?
Intuition is a form of knowledge that comes from within, often without conscious reasoning. It's a feeling or an impression that guides us, and it's often described as a form of "knowing" without knowing how we know. Intuition is considered a natural human ability, a language of the soul, and a connection to something larger than ourselves.
How Nature Enhances Intuition:
• Sensory Richness:
Nature offers a multitude of sensory experiences – sights, sounds, smells, textures, and even tastes – that engage our senses on a deep level. This sensory input can trigger intuitive insights and help us process information more holistically.
• Reduced Stress
Sameroeper en Organiseerder.
Marlene Liebenberg: Marlene werk gewoonlik met lewensgrootte menslike portrette. Die beskouing vir Kunskronkel 2026 is n nuwe uitdaging waar Voëls, Fauna en Flora as deel van die natuurskoon beskou word. As eertydse natuurgids is dit n spesiale belangstelling waar sy graag haar beeldende talent wil beproef.
Die werk word in plastesien klei gemaak en in hars gegiet en en met die byvoeging van kleur word n spesiale karakter tot die werke gevoeg.
Hannetjie Malan: Daar is verskillende pilare wat die fondasie van Kunskronkel 2026 in my opinie ondersteun.
Eerstens is daar as kunstenaar vistas of beelde/blikke/ openinge wat soos n vergrootglas ' n beeld uitspel en vergroot wat gebruik word om visuele paadjies te skep vir die toeskouer se oog.
Tweedens beskryf die woordeboek n vista as n lang, smal beeld wat dan neerslag vind in die langwerpige formaat van die werk.
Laastens impliseer vistas opeenvolgende herinneringe of n verwagting van gebeure en ervarings wat deur menigvuldige persektiewe dieselfde natuurlike voorwerpe belig en die toeskouer n blik gee hoe iets alledaags op n verhoog gesit word waar verwondering en waardering opnuut ervaar word.
Martin Bakker: Volgens die branderplankryers is Jeffreysbaai een van die wonders van die wêreld. Ons woon in n spesiale plek. Deur kuns kan ek waardering wys en die kyker bewus maak van nie net ons branders nie, maar ook ons omgewing.
Martin werk in olie-, akrielverf, pen, waterverf en doen etse. Hy gebruik nie net papier en doek as basis nie, maar selfs skuurpapier en OSB bord.
CryseldaVenter: Die natuur is voorwaar soos Attenborough sê n wonderwêreld. Vir my as multidissiplinêre kunstenaar is dit my grootste inspirasie vir my visuele kuns sowel as my handgemaakte juwele.
Daar is gewoonlik hordes foto's op my sel na n stap op die strand of in die Kabeljous natuur reservaat. n Skatkis vol kleur, vorm en varieërende tekstuur waarmee ek besoekers gaan verras met my weergawe vd natuurlike omgewing.
Elaine Roos: Die stilte van die natuur fassineer my .My inspirasie vir die uitstalling kom van die stille
verlatenheid van afgeleë ruimtes waar lewe sluimer .Ek wil die mikroskopiese beeld van
objekte binne n landskap en ruimte verken en eksperimenteer met verskillende mediums
,oppervlaktes en perspektiewe.Met hierdie uitstalling sal ek ook graag speel met skaal en die
manier waarop werke uitgestal en beskou word.
Mart Leeuwner: Ek interpreteer die tema as ’n visuele kunstenaar wat die visuele en intellektuele skoonheid van die natuurlike wêreld wil deel, en my bydrae wil lewer om na my eie omgewing om te sien.
My Konsep Titel: “Sielsverbintenis met die Natuur”
• My konsep sal my persoonlike verhouding met die Natuur weerspieël — my tuin dien as beide my onderwerp en ruimte, en my kuns as ’n verlengstuk van die lewende wêreld rondom my.
• Die kyker kry insig in my kreatiewe proses om deur my tuin te stap wat die inspirasie vir die skilderye was. Daarna word die kunswerke te besigtig.
• Media wat gebruik word: Alle voorlopige sketse en fotos wat gebruik is word gewys. Vir die finale kunswerke word akrielverf op paneel gebruik, tesame met gemengde media.
Wees bereid om by sommige ateljees trappe te klim.
__
Join us and get to know the visual artists in Jeffreys Bay where they create in their studios.
This is a chance to understand the process behind artworks. Experience an enjoyable morning in the art bus with a guide. Receive a glass for wine with a bite to eat at each studio. Here you will get to know the artist.
There are 6 stops at the following 7 artists:
Marlene Liebenberg
Zuanda Badenhorst
Martin Bakker
Cryselda Venter
Hannetjie Malan
Elaine Roos
Mart Leeuwner
Be prepared to climb stairs at some studios.