Kunskoors - SEUN
Fri May 1, 15:00 - Fri May 1, 16:30
Oase JBay (AGS)
ABOUT
SEUN
TAAL: Afrikaans
LOOPTYD: 85 min
OUDERDOMSBEPERKING: 13+
REGISSEUR: Nico Scheepersd
AKTEUR: Wilhelm van der Walt
BOEK: Dana Snyman
TEKS: Johann Smit
VERVAARDIGERS: Leftfoot Theatre Productions
Sinopsis:
Vir baie mens was die 1980’s gewoon ‘n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ‘n bitter moeilike en gevaarlike tydperk. ‘n tyd van ontreddering. En ‘n tyd wat vrae gewek het.
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980's. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy 'n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in 'n gewese bediendekamer in Pretoria.
Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word 'n seun 'n man? 'n Seun wat nie 'n meisie se aandag kan trek nie? 'n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?
Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. Dit is 'n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van 'n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.
“'n Brawe besinning oor die lang skadu's wat belewenisse uit die verlede tot in die hede bly gooi. Met helder, gedistilleerde beskrywings maak Snyman hier 'n stuk geskiedenis staan wat enersyds herkenbaar universeel, maar andersyds ook verbasend persoonlik is. Seun laat jou met ánder oë na Snyman se skryfwerk kyk.” - Thys Human
Motivering:
Die storie van Seun, Dana Snyman se memoir, is nie ‘n storie wat nie vertel moet word nie. Menigte mense is geraak deur die politiese bewegings in die 80’s. Nie almal het saamgestem nie, en hierdie is n universele storie oor liefde tussen n pa en seun. Die produksie bewys dat niemand alleen is nie, almal is bang en deurmekaar oor mense se gedrag. Baie mans was/is versteur deur gebeure in die weermag en dit het ‘n impak op almal om hulle gemaak.
Die vervaardigers en verwerker was ook verantwoordelik vir die sukses van DIE REUK VAN APPELS, en glo vas dat SEUN in die sukses daarvan se spore sal volg. Soos met DIE REUK VAN APPELS hoop ons om weer die gesprek te begin rondom die Bosoorlig.
Dana Snyman is ‘n baie gerekende skrywer en menigte van sy boeke al suksesvol verwerk is vir die verhoog.