VERSKYN
Tue Aug 26, 19:00 - Thu Aug 28, 22:00
Hoërskool Stellenbosch
ABOUT
Hoërskool Stellenbosch-musiekteaterproduksie: VERSKYN
Hoërskool Stellenbosch nooi u hartlik uit na ons besondere musiekteaterproduksie, VERSKYN.
In hierdie opwindende vertoning stel ons Kunstedepartement hulle uitmuntende vaardighede in toneelspel, musiek en dans ten toon. Leerders neem met trots leiding in elke aspek van die produksie: van regie en choreografie tot tegniese ondersteuning en kostuumontwerp.
Diamante is skaars op die aarde, maar wie sou kon raai dat dit volop in die ruimte is.
? Biljoenêr nooi 'n groep entrepreneurs saam op die ruimteskip Supernova se ekspedisie op soek na rykdom. Met NASA se Spitzer-ruimteteleskoop kan wetenskaplikes die unieke vingerafdrukke van diamantkristalle in die infrarooi spektrum, onsigbaar vir die menslike oog, opspoor. Almal kan nie glo watter geluk hulle getref het nie. Een van die entrepreneurs is egter skepties en begin in Supernova se stelsel twyfel. Gaan sy haar intuïsie ignoreer of sal sy die regte vrae vra sodat die waarheid aan die lig kom?
Soos die beroemde sterrekundige Carl Sagan gesê het: "Die kosmos is binne ons. Ons is gemaak van sterrestof. Om te weet wie ons is, moet ons na die verste uithoeke van tyd en ruimte kyk, waar selfs diamante stories van skepping vertel."
Kom beleef hoe ons jong kunstenaars die verhoog omskep in ’n sterrestelsel van talent en verbeelding.